Mosselbaai Houtwerkersgilde byeenkoms

Die Mosselbaaise Houtwerkersgilde nooi al sy lede en belangstellendes uit na ons maandbyeenkoms op Dinsdag 6e April 2010 om 19h00 by Sias Coetsee, Katjiepieringstraat 27 Hartenbosheuwels. Daar gaan geluister word na verskillende metodes van afwerking. Elkeen het sy eie manier van afwerk, hier is n paar nuwe idees, kom doen dus mee en wees verseker dat jy iets nuuts gaan leer. Onthou ook ons gaan gesellig verkeer na die tyd om n bring en braai vuurtjie.

Indien enige verdere inligting verlang word skakel gerus met Pikkie Malan by 044 698 2186 of Stoffel Bester by 044 879 0003.