Mini eetkamer stelletjie

Loer n bietjie hierna. Dit is die resultaat van n projek van die Mosselbaaise houtwerkersgilde vir die jaar 2009. Dit is n presiese afgeskaalde weergawe van wat vroeer bekend gestaan het as die "Volkwyn" eetkamerstel.
Die stelletjies is gemaak van swarthout met geelhout vir die blad van die tafeltjie soos ook in die oorspronklike stel die geval was.
Ons het in totaal vyf van die stelletjies gemaak en in die proses ongelooflik baie geleer. Vir n ou soos ek wat geen formele opleiding in houtwerk gehad het nie was dit n openbaring.
As daar nou een ding is wat ek geleer het was dit om baaaie respek te he vir iets so allerdaags soos n stoel! Daar is meer agter die maak van n stoel as wat dit op die oog af lyk, glo my!
Hierdie jaar pak ons skinkborde en ek dink dit gaan maklik wees -- Ha, ha! Sal laat weet hoe dit gaan so deur die loop van die jaar.
Groetnis.