Ek word toe mos die ander dag aangepraat oor ek nie genoeg potgooi nie...
Baie lekker kuiertjie gewees toe Div hier uitval.
Karring gister op die rekenaar rond en kom toe op 'n paar fotos af.
Hierdie was seker die laaste keer wat ek iets vir myself gemaak het, presies 'n jaar gelede.
pen met wig
Die tafel is 3m lank met soliede pote, 150 x 150mm dik oak.
Die bankie se top is uit een soliede stuk oak uit gemaak, amper 400mm breed, 50mm dik. Aangesien dit vir myself was en die horlosie vir eers gebêre was, het ek besluit om 'n bietjie detail met die bankie se pote in te bring. Ek is nie 'n karteltjie-mens nie, so die detail moes eenvoudig wees. Ek het 3 penne gesny wat dwarsdeur die bankie se top gesteek het tot bo en kepe gesny vir 'n wenge wig. Op daai stadium dekoratief. Toe elke wig eers ingeslaan was, was ek verstom om te sien hoe netjies die penne in die gate vasskop, en tweedens kon ek nie glo hoe sterk die voetstukke vas was nie.
Definitief detail wat ek weer sal gebruik in die toekoms.
My volgende projek (vir myself - sonder die horlosie) is iets in die lyn van 'n jonkmanskas, maar ingerig as 'n drankkabinet. Eenvoudig met lêplek vir wyn aan die onderkant, glase bo, en iewers in die middel plek vir daai bottels wat eerder moet regop staan.
Weereens met die nodige detail, maar reguit lyne sonder die karteltjies.
Ek het 'n paar baie mooi geelhout planke wat vra om gebruik te word, en om dit tradisioneel te hou moet ek seker maar swarthout daarby gebruik. Sou graag nog donkerder wou gaan, maar wil ook nou nie 'n arm en 'n been betaal nie. Enige voorstelle in plaas van die swarthout????
Dis al vir vandag...
Ek hoop nie ek word nou verban van die website af oor ek my pot in afrikaans gegooi het nie.
Lekker skaaf
Eugene
Nerkies! Ja, so 'n pen met 'n
Nerkies! 400 x 50 Oak? Klink vir my jy was dik in die pond! :-) Ja, so 'n pen met 'n wig maak daai las lekker styf en is goed sterk. Ek al heelwat stoele en bankies so gemaak.
Ek sal self graag wil weet watse donker hout mens kan kry wat nie 'n arm en 'n been kos nie. Lyk vir my hoe donkerder hoe duurder! As jou gatsak plat is moet jy maar daai Swarthout met stain bykom...
Daar is nie eintlik enige reels hier nie! Gooi jou pot in Grieks as jy wil! Ek hou maar by Ingils ter wille van internasionale lesers. Ja, daar is 'n paar, glo dit as jy wil! Lyk vir my net hulle is bang om hier te skryf....
Ek hoop jy is besig om een van jou krul tafels vir die Strydom show te maak....
Hey mooi man Eugene, bly om
Hey mooi man Eugene, bly om te sien jy maak nog tyd vir n bietjie iets spesiaals....groete uit n flippin warm Stellenbosch!
Haai Freehand! Bly om te sien
Haai Freehand! Bly om te sien jy is ook hier! Nie geweet jy kan die Rockspider taal gooi nie.....
Hoop jy is besig om iets mooi te maak vir die show. Ek het nooit jou boek terug gegee voor jy gewaai het nie. Ek pas hom mooi op. My vrou kom dalk daai kant toe in April, dan kan hy saamry.
Ek weet Mneer Nakashima is in
Ek weet Mneer Nakashima is in goeie hande my bru, sal hom by die uitstalling kry.....